Rhemardo Church Camp

October 8th, 2006 by Thinus Leave a reply »

Rhemardo Mineral Springs Holiday Resort
Near: Mookgophong (Naboomspruit), Limpopo, South Africa
GPS: -24.447916, 28.609796
When: 2006-10-06 to 2006-10-08
Who: Thinus, Elizna, Carel, Dries, Marietta, Mariaan, Stefan, Martin, Hannelie, church group…

Rhemardo Church CampLimpopo Provinsie hou sover die rekord vir die meeste bestemmings van ek begin tel het. Dis wat gebeur as jy van warm vakansie wil hou – neuk noord! Maar hierdie keer het ons nie die plek gekies nie. Dit was Philadelphia gemeente se jaarlikse kerk kamp, en ons ‘kamp groepie’ het besluit om saam die groot mense te gaan. Hulle het vir ‘n deel namens ons betaal, so ons kon nie nee sê nie :-)

Rhemardo is ‘n ou weermag oord, in die hartjie van die bosveld, en een van vele mineraal water oorde in die omgewing. Baie van die mense het in hutte geslaap, maar ek het net 2 weke terug ‘n ou groot tent persent gekry, en kan mos nie anders as om dit uit te toets nie. Dries het ook ‘n tent gebring en ons het laer getrek op die gras in die karavaan park. Die groot tent was bietjie moeg, en ons moes van die latte las. Dit het darm die eerste nag oorleef…

Heel naweek het ons lekker gebraai en skottel kos gemaak soos mens net op ‘n kamp kan. Daar was baie slaai en fancy goed vir ‘n slag, want paar gawe tannies dink aan meer as net hulle self en of die GPS batterye gepak is. So dankie aan hulle.

Rhemardo Church CampDie oord is baie mooi, met heelwat bome en ons het ‘n hele paar voëls gesien waarvan 2 nuut was vir my lys. Daar was ook interessante ander gediertes soos bloukop koggelmanders en romans, altwee baie algemeen in hierdie streek.

Saterdag oggend het ons ‘n sessie in die saal gehad waar ons ons eie persoonlikheid tipe kon ontdek. Uiteindelik kon jy dan ‘n kol iewers op ‘n 8 dimensionele kaart neersit wat sê of jy intro- of ekstrovert, prakties, analities, kyk of voel, en sulke einskappe het. Ek kan nie nou meer onthou wat ek is nie, maar ek het my IK self uitgewerk, en weet dis 75. Ek’s half geniaal!!

Rhemardo Church CampSlim genoeg om met on sterugkoms by die tent redelik vinning in my kop te kon uitwerk wat fout is met die prentjie – een van die dak latte het gebreek, en reg deur die dak gesteek. Die tent was nou heeltemaal moeg en ons moes dit fix of nat dou die aand. Duct-tape is heeltemaal geniaal!

Die middag het meeste mense rugby op een van die hutte se TV’s gekyk, maar na al die rekonstruksie werk het ons kampers dit om geslaap en verder hard daaraan gewerk om sleg te wees. Twee perfekte take om op ‘n naweek skedule te hê. Rhemardo Church Camp

Sondag oggend was daar ‘n kerk diens in die saal, met die boodskap dat elkeen van ons regtig ryk mense is wat ryklik geseën is. Ons moet doen waarvoor ons geroep is: om te gee. Dis die enigste manier hoe ons waarlik kan lewe.

Ons het daarna elkeen sy eie ding gedoen. Ek het so ‘n bos padjie gekies en gekyk waar dit uitkom. (Natuurlik weer by die kamp, anders kon ek nie nou hierdie tik nie). Daar was heelwat klein bruin voëltjies in die grasse, maar nie een wat ek kon uitken nie. Eendag… Met die terug kom het ons die tente gepak, en die laaste deel van die dag in die warm swembad gaan staan.

Hierdie naweek is die eerste keer wat ons en Dries, Marietta en Carel regtig saam gekuier het. Dis gaaf – hoe meer mense om van ‘n volgende stap en kamp te vertel, hoe beter.

Leave a Reply