Europe Trip – Brussels

March 10th, 2008 by Thinus Leave a reply »

Where: Brussels & Grimbergen, Vlaams-Brabant Provinsie, België
When: 2008-03-10
Who: Thinus, Joseph

€8 vir ‘n taxi of loop in ysreen vir 3km? Die keuse is heel maklik as jy dink hoeveel bier €8 kan koop. Wel, met R13/1€ dalk nie soo maklik. Maar daar is gerugte dat bier in België goedkoper is as Ierland, so ons besluit om te loop. Koud en nat kom ons 5:30 by Christa se woonstel om vandaar ‘n epos te stuur om vir ons volgende gasheer te sê dat ons wel oppad is.

Ons neem tog ‘n taxi na Dublin lughawe en vlieg in koue rukwinde na Brussels, hoofstad van België, of dan soos almal ons heeltyd herrinner, Vlaandere. Bart Laeremans ontmoet ons hier en ons ry saam na sy kantoor as LP van die party Vlaamsbelang in die Belgiese Parlement. Hier ontvang ons die voorsmakie van wat heel alledaags sal word – ‘n toebroodjie en bier vir ontbyt.

Na ‘n kort toer deur die parlement stap Bart saam ons deur die antieke stad Brussels. Jou verbeelding word vasgevang deur die ryk geskiedenis wat opgesluit is in stegies vol resturante, kroeggies, sjokolade verkopers, handgemaakte kant winkels en die ondenkbaar groot katedrale vanaf die 13de eeu met erg gotiese boustyl en veel barok invloed. Brussels is die stad van St. Michael, die een wat die draak oorwin het, en dit word uitgebeeld in heelwat beelde binne en buite die katedrale wat al meer as 400 jaar hier staan.

Na ‘n hele dag se loop in snyende koue wind en gereelde onwelkom reën ry ons na die klein dorpie Grimbergen. Hier moet ons eers die klein kroegie met groot watermeule se eie bier drink. Elke kroegie in België verbrou sy eie bier, elke bier hier het sy eie tipe glas en elke glas word net gebruik vir sy eie bier.

Een pint Grimbergen Goud verder ry ons na Bart se huis waar ons sy vrou en 3 kinders ontmoet. Ons eg Vlaamse aandete bestaan uit tamatie sop met Brusselse spruite, steak, aartappelskyfies of dan friete, slaai, ‘n vreemde maar gaaf geel sous, rys-pap poeding met bruin suiker en tuisgemaakte chokolademouse. Ons gesels oor ‘n Suid Afrikaanse Merlot oor Suid Afrika se lot, kultuur, taal, ons land se gemeenskappe, geskiedenis en politiek. Ingeligte Joseph doen meeste van die praat werk en ek leer soveel van die onderwerpe as Bart en sy vrou.

Die dag word afgesluit met ‘n goeie koffie, wat afgesluit word met Irish Mist, ‘n sitrus likeur. Ons tref op internet reelings om more met die truin na St. Truiden te gaan, val neer op die bed en slaap na ‘n lang, volgepakte dag.

1 comment

  1. Goedele says:

    Hey Thinus,

    Ah, de eerste indrukken van België…
    Lekker weertje hè ?! ;)

    Groetjes

Leave a Reply