Europe Trip – St. Truiden, Leuven

March 14th, 2008 by Thinus Leave a reply »

Where: St. Truiden & Leuven, Limburg en Vlaams-Brabant Provinsies, België
When: 2008-03-11 to 2008-03-14
Who: Thinus, Joseph

Die plan was oorspronklik om die name van biere wat ek drink hier te lys. Tog, al host ek self hierdie webwerf is die bandwydte beperk. Na 4 dae hier het die plan dus verander en rapporteer ek nou slegs dat België wel baie bier het!

Hier is donker bier, ligte bier, tafel bier, bier gebrou deur plaas eienaars, winkel eienaars, studente, monike en abdye, nonne, bier van kersies, bier met sjokolade geur, sjokolade met bier geur, brood wat klaar gevul kom met sjokolade, oja, sop met bier, stew met bier. 4% bier, 8% bier en ook 12% bier! Elke bier het sy eie storie, wapenskild, glas, coaster en plekkie waar dit al vir eeue verbrou word.

Dinsdag
Ons neem ‘n uur rit na ooste in ‘n dubbelverdieping trein tot in St. Truiden in die provinsie Limburg. Net ver genoeg om klein bietjie slaap in te haal. Rick en Marleen Beckers, ook van Vlaamsbelang, ontmoet ons op die stasie. Tot aandete loop ek en Joseph rond in die 2e grootste mark plein in België en besoek een van vele Begijnhowwe, die van St. Agnes. Dit is ‘n tipe klooster met woning vir vroue wat wil nonne wees maar nie nonne genoem wil word nie. Elke dorp het een. Van die huise in die begijnhof dateer reeds uit die 15 honderds, en uit respek stop ons om voor ete plaaslike Begijnhof Blonde Bier te nuttig.

Ons besoek wat oor is van die Church of Notre Dame hier, en gaan deur die Abdij van Franciscus, ‘n klooster vir manne wat nie monnike genoen wil word nie. Hy was die stigter van die monnik-orde wat die meeste soos monnike lyk, met die doel dat hul so arm as moonlik sal leef (met die bekende bruin rokke van goedkoop materiaal). Veel van die goed in die abdij het behoue gebly, en mens kan sien hoe hulle geleer en leef het. Vir my klink dit soos Pretoria Boys High regs langs Pretoria Girls High.

Woensdag
Rick en Marleen se seun, Wim, bly in Leuven en ons word genooi om ‘n aand by hom oor te slaap. Leuven is net soos Potchefstroom ‘n universiteitsdorp. Maar Potchefstroom huisves nie die oudste universiteit in Europa nie. Deur die pous homself goedgekeur en in gebruik geneem in 1425, het die Katolieke Universiteit Leuven sy eie indrukwekkende biblioteek, sy eie 35000 studente, sy eie 40000 fietste (wat of gery word of teen 100e pale vas gesluit is), en sy eie bier wat op kampus verbrou word en regstreeks met ‘n pyp na Domus, ‘n kampus eetplek, aan ‘n kraan koppel.

Ons ontmoet Wim in die Rechtershuis, die drinkplek vir regstudente. Anders as Suid Afrika se eg engelse universiteitstelsel waar koshuise die fokus van studente se sosiale lewe is, is als hier gesentreerd rondom die rigting wat jy swat. Elke fakkelteit het ‘n vakbar, waar al die kuiers gekuier word en die gevegte oor bier met buur rigtings geveg word. Wel, Wim studeer regte (of het, maar soos myne is sy studentekaart 2 jaar later steeds geldig). Ons toer saam hom deur kampus, die bib, die begijnhof, eet middagete en so aan by Domus, ontmoet sy suster, Roosmarijn en haar vriend en ry na Wim se kommune, of kot, om ons sakke af te laai. Voor die kommune staan al sy vullis sakke steeds, met ‘n groen plakker wat sê die vullistrok weier om dit op te laai, want die vullis is nie uitgesoek volgens materiaal tipe, verval datum, kleur, reuk en koolstof-14 isotoop telling nie. Ons dra dit als terug na die binnehof om volgende Woensdag weer uit te sit.

Die aand gaan ondersteun ons saam Caroline, Ellen, Ellen, Céline en ander ous in die kommune Johnny Berlin (die Rechterhuis se rockgroep, met Wim se broer Roelof as drommer) in die plaaslike “Battle of the Bands” kompetiesie. Ons ry terug kot toe en daarna, u edelagbare, onthou ek niks.

Donderdag
Vroeg oggend loop ek en Joseph na die stasie om ‘n trein na die 9e eeuse welvarende vrye handelstad, Brugge, te kry. Ons besoek eerste die stadshuis en skuur verby aankomende verkeer in die die smal toring van 90m hoog om van bo te sien hoe lyk die stad en van naby te hoor hoe klink 54 klokke se 27 ton wat saam sê “dis 11uur”. Ons leer, proe, voel en proe van die geskiedenis van cacao, sjokolade, diamante en Brugse Zot bier in die onderskye museums. Dan sien ons die res van die ou stad vanuit die bootjie wat ons Vlaamse toergids met Spaanse snor stuur op die rivier deur die stad. Laaste verpas ons die trein (wat altyd onmoontlik presies op tyd is) en kom ‘n uur laat terug in St. Truide, net betyds vir aandete.

Vrydag
Vandag gaan ons op ‘n provinsie Limburg kasteel toer saam Rick. Ons ry van dorpie na dorpie in sy motor. Dis vreemd om as passasier aan die verkeerde kant van die kar te sit. Dis duim vashou om karre verby te steek in straatjies wat te smal is vir 1 kar, waarin karre aan beide kante parkeer staan terwyl karre nog van voor kom. En die ergste van die ge-uitswaaiery is dat niemand ooit kwaad word om dit te doen nie.

Mooi kastele sluit in die 1 van Heks, waar 90 verskillede soorte kersies verbou word. Ek het dan ook die amptelikke tellers ontmoet. Goeie boere mense.

In Tongeren, die ou Gaulse stad van Ambriorix, besoek ons die oue tronk, wat tot in 1995 nog ingebruik was. Hierdie word later ‘n Romeinse stad wat reeds in die 2e eeu ‘n muur omgekry het. Dele van hierdie magtige muur is steeds in die stad sigbaar en ‘n oorspronklike romeinse katapult en pyl-en-boog kanon staan in die park.

Ons drink rooiwyn by van Rick se vriende in die Tongeren Vlaamsbelang kantoor, en ry terug na St. Truide vir ons laaste aandete daar voor ons nuwe gasheer van Herk-den-Stad ons kom oplaai. Glo het sy vier dogters…

4 comments

  1. Wim Beckers says:

    Dag Joseph en Thinus,

    hartelijk dank voor jullie email. Ik ben blij dat jullie terug veilig aangekomen zijn in het prachtige Zuid-Afrika.
    Ikzelf ben ook even de zon gaan opzoeken en ben samen met 8 vrienden een weekje op vakantie geweest in het zuiden van Frankrijk, vlakbij Marseille. We hebben ons heel goed geamuseerd, veel steden bezocht en uitstappen gemaakt, en we hebben goed weer gehad. Het was tss de 20 en 25 graden wat voor ons heel warm is in vergelijking met Vlaanderen in deze periode. Mijn gezicht is al serieus gebruind. We hebben zelfs op het strand kunnen liggen en in ons zwembad gezwommen, alhoewel het water nog ijskoud was.
    Zoals ik jullie al verteld heb, ga ik in augustus samen met 4 vrienden naar Thailand, maar ik zou doodgraag nog eens terugkeren naar Zuid-Afrika. Een vriend van mij is ook enorm geïnteresseerd. Het zal nog niet voor de nabije toekomst zijn maar als we concrete reisplannen zouden hebben, laat ik het jullie onmiddellijk weten.
    Het ga jullie allebei heel goed, veel succes met het werk als ingenieur en predikant. Ik stuur jullie nog enkele foto’s door van onze vakantie in Zuid-Frankrijk. Jullie mogen mij ook altijd foto’s doorsturen van jullie prachtige land en jullie familie of vrienden.

    Tot ziens,

    Wim

  2. Goedele says:

    Hey Joseph en Thinus,

    Ik ben ook vol spanning aan het wachten op de rest van jullie reis… Wij allemaal eigenlijk. ;)
    Het is een hele mooie site en leuk om dit allemaal te lezen.

    Groetjes

  3. Joseph says:

    Dag Thinus
    Ek het nou die eerste keer in diepte die blog deurgelees in ‘n lang tyd. My familie kan net nie uitgepraat raak daaroor nie, hulle het dit baie geniet. Ek hoop om die res van ons afontuur ook nog hier te lees.
    Groete
    Jo

  4. Goedele says:

    Hey Thinus,
    (en Joseph),

    Bedankt voor je berichtje!
    Om 8u15 was je al onderweg… Zo vroeg… ;)
    Ik zat ook al in school. Ook zo vroeg…

    De hele dag in de koude lopen, ik ken het…
    Het is niet fijn hè?!
    Ik was nog aan het denken: “Oh, nu zitten zij op stap, terwijl ik op school zit…”
    Maar ik wens jullie nog veel plezier!!

    Het is echt leuk om je berichtjes te lezen, zo weet ik… euhm wij waar jullie zijn, en hoe het met jullie is.
    Maar er is iets wat ik niet versta. Wat betekent “Die bloody goed is soo friggen betyds elke keer”
    Friggen is dat stipt (juist op tijd) ??

    Groetjesss,
    Goele

Leave a Reply